kuiergeleenthede
Kerkbasaar: Saterdag 30 Augustus 2025 was weer ons jaarlikse basaar te Kwanyoni Lodge! Daar was al die tradisionele kerkbasaar-pret ;-) Die oggend het afgeskop met 'n pret-draf om 08:30. Dit was sommer 'n aangename verrassing om soveel ondersteuners weer daar te kon raak-kuier. Die pannekoek, hamburgers, worsbroodjies, kerrie-en-rys, verskeidenheid makadamia-produkte en lekkergoed, sitrusvrugte, plante en ons wit olifant-tafel, het almal baie goed gevaar. Om nie te vergeet nie van daardie heerlike koek/tee-tuin en die heerlikste vars gebak... Njam!
Die verskeidenheid buite-stalletjies het ook allerlei ander produkte verkoop. Nogmaals dankie!