kry ons ook hier
Besoek gerus ons facebook "page" wat oop is vir die publiek. Ons facebook-groep is net toeganklik vir ons huidige lidmate. Ons het ook 'n youtube-kanaal (podcast ook) met oordenkings en sondag-boodskappe.
visie:
Ons is ‘n geloofsfamilie wat streef om al hoe meer vir God en sy woord, vir mekaar en vir die wêreld om te gee.
Ons leef in Jesus Christus se voetspore.
missie:
Ons gee daadwerklik om vir God en sy Woord, vir mekaar en vir die wêreld -
daarom strewe ons daarna om, deur die genade van God, al groeiende, ’n gemeente te wees met 'n geïntegreerde bediening bestaande uit:
- aanbidding
- gemeenskap van gelowiges
- dissipelskap
- diens en
- evangelisering
...waarin elke lidmaat sy/haar funksie vervul met die gawes wat God vrylik gee (1 Korintiërs 12:7).
ons...
- verheerlik God, oral, altyd
- bid getrou, gelowig
- gehoorsaam God spontaan
- leef sigbaar dankbaar
- dien nederig
- maak doelgerig dissipels
- het onvoorwaardelik lief
Ons strewe daarna dat dit ons lewenswyse sal wees en nie net woorde op plakkate nie of geïsoleerde insidente nie.
Elke geleentheid waar ons bymekaarkom, wil ons die Here met ons hart, siel, verstand en krag aanbid. Ons geniet 'n verskeidenheid van musiek om deel te wees hiervan.
Aanbidding is vir ons 'n leefstyl en nie net 'n geleentheid nie
Eredienste elke Sondag:
09:00 te Alkmaar
18:00 te Ngodwana
(Ngodwana geen dienste tydens langnaweke en skoolvakansies nie.)
Kategese:
Alkmaar na die oggenddiens.
Ngodwana 17:00
Wees deel van ons unieke geloofsgemeenskap waar almal welkom is.
Die gemeente (Alkmaar-gedeelte) bestaan uit 'n boerdery-gemeenskap wes van Nelspruit al langs die N4 en in Schoemanskloof. Ons het ook 'n gedeelte op die Brondal/Sabie-pad (kaart of aktiewe kaart).
Verder het ons die kleiner Ngodwana-gemeenskap ongeveer 50km wes van Nelspruit waar Sappi 'n fabriek en bosboubedrywighede het.
Deel van ons visie en missie is om betrokke te wees by die uitbreiding van God se Koninkryk. Na aanleiding van Handelinge 1:8 probeer ons hierdie werk op verskeie plekke ondersteun.
Ons is betrokke in ons eie gemeentegrense, ons provinsie en ons land. Verder ook in Mosambiek en in die "wêreldhoeke." Daar bied ons hulp aan die sendingwerk onder die Kanuri's in Sentraal-Noord Afrika asook by 'n leraar en sy bediening in Indië.
Ons samel fondse in hoofsaaklik deur middel van 'n jaarlikse geloofsofferbelofteprogram.
Kerkbasaar: Saterdag 30 Augustus 2025 was weer ons jaarlikse basaar te Kwanyoni Lodge! Daar was al die tradisionele kerkbasaar-pret ;-) Die oggend het afgeskop met 'n pret-draf om 08:30. Dit was sommer 'n aangename verrassing om soveel ondersteuners weer daar te kon raak-kuier. Die pannekoek, hamburgers, worsbroodjies, kerrie-en-rys, verskeidenheid makadamia-produkte en lekkergoed, sitrusvrugte, plante en ons wit olifant-tafel, het almal baie goed gevaar. Om nie te vergeet nie van daardie heerlike koek/tee-tuin en die heerlikste vars gebak... Njam!
Die verskeidenheid buite-stalletjies het ook allerlei ander produkte verkoop. Nogmaals dankie!
kontak gerus
nul-sewe-vier-142-3456
ephesians321 @ me.com
kerkkantoor ure: maandag-donderdag 08:00-15:00
nul-agt-twee-261-0371
ngkerk @ alkmaar.co.za
frank is ondervoorsitter van die kerkraad
nul-sewe-een-549-6741
frankerasmus @ outlook.com
AI Website Generator