bediening

leer meer oor ons geloofsfamilie en raak gerus betrokke

identiteit

ons visie en opdrag
visie

ons is ‘n geloofsfamilie wat poog om al hoe meer vir God en sy woord, vir mekaar en vir die wêreld om te gee

in Jesus se voetspore...

ons missie en roeping
missie

ons gee om vir God en sy Woord, vir mekaar en vir die wêreld - 
daarom strewe ons daarna om, deur die genade van God, al groeiende ’n gemeente te wees met 'n geïntegreerde bediening bestaande uit:
- aanbidding
- gemeenskap van gelowiges
- dissipelskap
- diens en
- evangelisering
...waarin elke lidmaat sy/haar funksie vervul met die gawes wat God vrylik gee (1 Kor. 12:7)

ons waardes en gesindhede
waardes

ons...
- verheerlik God, oral, altyd
- bid getrou, gelowig
- gehoorsaam God spontaan
- leef sigbaar dankbaar
- dien nederig
- maak doelgerig dissipels
- het onvoorwaardelik lief

dit moet ons lewenswyse wees en nie net woorde op plakkate nie

aktiwiteit

bedieninge
bedieninge

ons bedieninge sluit onder andere hierdie terreine in:

- aanbidding
- evangelisasie
- jeug
- sorg
- gemeente-aksies
- toerus
- steun

om meer uit te vind, kontak ons

eredienste en byeenkomste
eredienste

- sondae
09:00 te alkmaar
18:00 te ngodwana
- geen dienste te ngodwana tydens vakansies en langnaweke (of groot  "shut") nie
- kategese na die oggenddiens (alkmaar)
- en 17:00 te ngodwana
- nagmaal: een sondag per maand soos op ons jaarprogram (alkmaar en ngodwana)

dissipels wat voortou neem
eerste linie

die touleier van elke bediening (diensgroep) dien as kerkraadslid

ons gemeente strewe daarna om te funksioneer soos paulus en ander apostels die liggaam van Christus vir ons in hulle briewe voorhou - o.a. in efesiërs 4 en 1 korintiërs 12 en 13

ons is almal dissipels en navolgers van Jesus - ons gemeente is 'n familie en ons dien mekaar

ons is tweede-myl-mense

vir meer inligting kontak gerus die leraar of kerkkantoor

ons belydenis

belydenis

ons primêre fokus, doel, visie en norm is
Jesus Christus - ons is 'n nederduitse gereformeerde gemeente; ons is dus gereformeerd, nuwe testamenties - bybels en ons belydenisskrifte is ons familie s'n, die:

heidelbergse kategismus
nederlandse geloofsbelydenis
dordtse leerreëls
en die drie algemene belydenisse:
apostoliese belydenis (12 artikels)
belydenis van nicea en dié van athanasius

kry die dokumente aanlyn hier:

alkmaar kerkgebou
verhaal

alkmaargemeente het in 1957 vanuit nelspruitgemeente ontstaan met die oog op die bediening van die hoofsaaklik boerderygemeenskap aan die westekant van nelspruit

met die oprigting van die papierfabriek te ngodwana het ons in ‘n tweekop-gemeente ontwikkel - 

die area wat bedien word is baie groot - ons het lidmate wat woon in die gebiede in en om alkmaar, brondal, cairn, burnside, schagen, rosehaugh, sudwala, schoemanskloof, nelspruit en elandshoek

ons eerste kerkgebou is intussen omtrent 1980 in die kerksaal omskep - die nuwe kerkgebou (links) op 22 november 1980 ingewy

ngodwana gemeenskapskerk

ons verste westelike gebiede is rondom ngodwana, elandshoogte en kaapsehoop

die gemeente is deel van die ring van barberton en word omring deur sewe ander ng gemeentes van witrivier, nelspruit, waterval boven, sabie tot barberton

die gemeente is al bedien deur verskeie leraars -- ons werk ook baie nou saam met ons plaaslike siswati-sprekende vgk-gemeente wat sedert die vroeë tagtigs deur talle voltydse sendingleraars bedien is

besluite van sinodes en ons kerkraad

- ons algemene sinode se 2019-besluit
- ons kerkraad se reaksie daarop en agenda van gemeentevergadering
- uittreksel uit ons kerkraad se notule van 20 junie 2022

alkmaargemeente snapscan-kode

dankoffer met snapscan

blymoedige gewers

"Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk."
2 Korintiërs 9:7–8

Die Bybel Nuwe Vertaling; Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Of kry ons bankbesonderhede vir inbetalings op ons bulletin of per e-pos

© kopiereg ng kerk alkmaar 2022

Built with ‌

Web Design Program