build your own website for free
ng kerk alkmaar

ons bediening

ons is ‘n nuwe testament-gemeente wat streef om volgens die riglyne van die skrif in ‘n liggaam van Christus-formaat te funksioneer
kern-vers: efesiërs 4:16

Mobirise

biedieninge

efesiërs 4:16 - uit Jesus groei die hele liggaam. die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ’n eenheid. elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.
aanbidding
- alle sake rakende die bediening van aanbidding soos eredienste, feeste, gebed, ensovoorts
evangelisasie
- ons is doelgerig betrokke by ons eie jerusalem (plaaslik) sowel as die hele judea (suid afrika) en samaria (mosambiek) en die uithoeke van die wêreld (afrika en indië)
•jeug
- alhoewel ons jeug min is, gee ons met deernis om vir hulle en bedien o.a. met kategese, kampe en kinderkerk
•sorg
- ons omgeebediening aan almal met nood
•gemeente-aksies
- waar allerlei gemeente-aktiwiteite en fondsinsamelings gereël word
•toerus
- ons bediening van geestelike toerusting en kleingroep-bediening asook leer-en-aktuele sake
•besoek
- ons het 'n besoekspan wat uitreik na lidmate
steun
- die meer praktiese ondersteuning soos personeel, finansies, eiendom, kommunikasie en administrasie

•vir meer inligting, kontak gerus die leraar of die kerkkantoor

Mobirise

eredienste

sodra die nasionale ramptoestand (grendeltyd) opgehef word, sal ons dv terugkeer na ons normale program...

kyk gerus op ons media-blad vir oudio-boodskappe in hierdie interim-tydperk
daar sal dv elke dinsdag en donderdag 'n kort boodskap (maks. 3 min) van ons leraar wees waarna geluister (of afgelaai) kan word - deel dit gerus met ander

sondae sal daar intussen d.v. 'n kort video-boodskap van ons leraar beskikbaar wees - dit mag in die vorm van 'n skakel na ons facebook-blad of youtube wees, maar almal sal daarna kan kyk (al het jy nie 'n eie facebook-blad nie)

oorweeg dit gerus om 'n facebook-blad te kry (as jy nie reeds een het nie) en sluit by ons gemeente se groep daar aan vir gereelde boodskappe, nuus en inligting

jy kan ook jou selfoon-nommer vir die leraar stuur indien jy hierdie boodskappe per whatsapp wil ontvang

onder normale omstandighede:
eredienste
•sondae 09:00 te alkmaar
•sondae 18:00 te ngodwana
•geen dienste te ngodwana tydens vakansies en langnaweke nie

kategese
•na die oggenddiens (alkmaar)
•en 17:00 te ngodwana
•nagmaal - een sondag per maand soos op ons jaarprogram (alkmaar en ngodwana)

Mobirise

nuwe geleenthede

- ons gemeente staan, soos die res van die kerk wêreldwyd, voor baie uitdagings as gevolg van die koronavirus en die afgekondigde tydperk van afsondering
- maar dit bring ook baie nuwe geleenthede
- ons is nog steeds die liggaam van christus...
- psalm 103:19 "die here het sy troon in die hemel gevestig, sy heerskappy strek oor alles en almal."
- kontak gerus die leraar met enige vrae of indien u bewus is van ernstige nood of selfs van mense wat siek of eensaam is
- jy is ook welkom om donasies te maak soos kos, klere, komberse of finansiële hulp
- kyk hier by kieskerk se aftelkalender vir daaglikse aktiwiteite en byvoorbeeld ook 'n slaaptydstorie vir kinders

kwartaaltema

kwartaalprogram november

ons nuwe kwartaaltema: filippense

- elke sondag se preek lei die week se tema in
- die oggend-oordenkings sal hierby aansluit

- indien jy ook wil deelneem in 'n kleingroep - kontak gerus die leraar



ondersteun ons bediening

elektroniese bydraes welkom

bankbesonderhede

absa

ons is 'n gemeente wat omgee

ng kerk alkmaar